Die Klerehanger (Coathanger)

deur Serena Ingamells
klerehangerWat kan lekkerder wees as om op die naat van jou rug na die sterre te lê en kyk behalwe miskien om onverwags jou eerste sterrebeeld (asterisma) raak te loop?

In die OOG-nuusbrief van November 2004 het Willie Koorts geskryf: Noudat die ergste winterwolke begin wyk en voordat die winter konstellasies ons verlaat is hier ‘n lekker raaisel om op te los en sommer die stof van verkykers af te skud. Die leidraad is: “Ek laat jou jas netjies pas, in jou kas! Wie is ek?

SterrekaartDie meegaande sterrekaart wys die Noord-Westelike uitsig vir die begin van November teen so 9:30 nm. wanneer dit na aan die horison is. Vroeër in die aand en vroeër in die jaar, sit dit hoër sit. Met die blote oog kyk Noord-Wes en soek Altair, die helderste ster in daardie rigting. Vergelyk wat jy sien met die sterrekaart en oriënteer jouself op Delphinius (die dolfyn) en Sagitta (die pyltjie). Gebruik nou jou verkyker en volg die blou lyn vir omtrent drie verkykervelde langs weerskante van Altair soos aangedui. Net as jy by Sagitta verbybeweeg sal jy die antwoord op die raaisel raaksien!

Aangespoor deur hierdie uitdaging het ek een onvergeetlike aand in die Pilanesberg Nasionale Park my soektog begin. Eers ‘n bietjie by Cygnus (die swan) met die interessante veelkeurige ster Alberio gekuier en toe opwaarts verby Deneb na Delphinus, Aquila en Altair. Van hier was Sagitta maklik om te vind en toe skielik verskyn die “Klerehanger” in my gesigsveld – ‘n klein juweel en die enigste asterisma wat ‘regop’ vir ons in die suidelik halfrond voorkom. Die Klerehanger (Collinder 399) staan ook bekend as ‘Brocchi’s cluster” maar dis nie ‘n ware swerm nie, bloot ‘n toevallige samekoms van sterre wat geen fisiese verbintenis met mekaar het nie. Dit bestaan uit 6 sterre wat die staaf vorm en 4 die hak en is vir die eerste keer in 964 deur die Persiese sterrekundige Al Sufi beskryf.

Magda Brits Streicher: Diva van sterrebeelde in Suid Afrika

Magda Brits Streicher:  Diva van sterrebeelde in Suid Afrika

Magda Brits Streicher, die Diva van sterrebeelde in Suid-Afrika (en miskien in die wêreld) wat reeds 109 op haar kerfstok het, gebruik die mooi woord “sterstring” om hierdie verskynsel te beskryf. In 2007 het sy geskryf: “My gedagtes rondom sterstring soektog is om ‘n verrassing te vind om elke draai en dit is so heerlik om so ‘n sterstring met karakter in woorde om te sit”. Vir menige jare het sy bydraes aan die OOG-nuusbrief gemaak. Hierdie sterstorie word met groot dank en lof aan Magda opgedra.

http://apod.nasa.gov/apod/ap081223.html

Comments are closed.